Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metro se nalatigheid help kabeldiewe in Groenkloof

Die VF Plus doen weer ‘n beroep op die Tshwane-metro om dringend die digte plantegroei in dele van Groenkloof, veral langs die grensdraad van die Unisa- en UP-kampus, skoon te maak.

Sowat 1500 inwoners, verskeie ondernemings en die Groenkloof Life-hospitaal sit sedert gisteroggend om 02:00 sonder elektrisiteit nadat kabels die tweede keer in minder as ‘n maand gesteel is.

Die digte oorgroeide plantegroei pootjie ook die metro se herstelwerk drasties. Waar dit tegnici die vorige keer drie dae geneem het om die fout op te spoor, het dit hulle dié keer ’n volle dag geneem net om tussen die ruie bosse te soek na die presiese plek waar die diewe toegeslaan het.

Hoewel die elektrisiteitsdepartement tans besig is om die gesteelde kabels te vervang, gaan dit weens die omvang van die skade nog ’n wyle duur voordat die kragtoevoer ten volle herstel is.

Inwoners van Groenkloof is keelvol vir dié herhalende onderbrekings wat deels die gevolg van die metroraad se nalatigheid is aangesien misdadigers tussen die digte plantegroei wegkruip om hul misdadige dade uit te voer.

Inwoners sal op 4 November 2026 tydens die plaaslike regeringsverkiesing die geleentheid kry om vir die VF Plus te stem om toe te sien dat behoorlike dienslewering in hul woonbuurte geskied.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.