Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metro moet heinings om natuurreservate herstel

Die VF Plus het ‘n dringende skrywe aan die Tshwane-metro se departement van omgewingsake en landbou gerig, waarin versoek word dat die heinings van natuurreservate dringend herstel moet word.

Dit geld veral die Rietvlei- en Wonderboom-natuurreservate.

Dié versoek volg ná die onlangse tweede ontsnapping van ‘n jagluiperdwyfie, Njozi, uit die Rietvlei-natuurreservaat deur ‘n gat in die heining.

Njozi is in die Babsfontein-omgewing gevang en teruggeneem.

In 2022 het ‘n seekoei uit die reservaat ontsnap en is op die M53 doodgery—’n direkte gevolg van swak instandhouding van die reservaat se heining.

Tydens die Covid-19-pandemie is byna al die wild in die Wonderboom-natuurreservaat gestroop weens gate in die heinings.

Die natuurreservate is nie net bewaringsgebiede nie, maar ook waardevolle bates vir die metro. Met die regte bestuursvernuf kan dié reservate selfonderhoudend raak en ‘n inkomste vir die metro lewer.

Die VF Plus dring daarop aan dat dringende stappe geneem moet word om te verhoed dat mens en dier se paaie kruis en tot moontlike lewensverlies ly.

As die departement versuim om binne 30 dae op hierdie dringende skrywe te reageer, sal die VF Plus ‘n griefskrif opstel om die metro tot aksie te dwing.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.