Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-inwoners toenemend geteiken met onregverdige boetes

Die VF Plus in die Tshwane-metro ontvang toenemend klagtes van inwoners wat met onregverdige boetes en beweerde intimidasie gekonfronteer word.

Talle huiseienaars word met boetes van tot R75 000 vir die beweerde peuter met voorafbetaalde kragmeters gekonfronteer. In baie gevalle is hierdie boetes volgens inwoners ongegrond en regtens twyfelagtig.

Volgens inligting wat aan die VF Plus verskaf is, bestaan daar ’n verontrustende patroon:

• Wanneer inwoners kragprobleme aanmeld, daag tegnici dikwels sonder onderdele op en oorbrug die meters om krag tydelik te herstel.
• Kort daarna besoek inspekteurs dieselfde inwoners en word hulle daarvan beskuldig dat húlle aan die meters gepeuter het.
• Daar is verskeie berigte van individue wat dan aan inwoners aanbied om die boete teen ’n kontantbetaling te laat “verdwyn”.

Die VF Plus is in besit van bewyse wat bogenoemde bewerings staaf.

Die metro verwag van inwoners om meters te beveilig wat in ‘n openbare straat staan, terwyl hulle terselfdertyd nie die reg het om dit privaat te beveilig of te verskuif nie. Hierdie onmoontlike vereiste is regtens problematies.

Die VF Plus het die kwessie reeds in die oorsigkomitees vir finansies en gemeenskapsveiligheid geopper en dit duidelik gemaak dat inwoners nie die slagoffer kan wees van sulke korrupte praktyke nie.

Twee inwoners van Tshwane het reeds klagte by die polisie oor die beweerde ongerymdheid aanhangig gemaak.

Raad hieroor aan inwoners:

• Dokumenteer alles en hou verwysingsnommers van alle kragklagtes.
• Neem foto’s van die meter voor en nadat tegnici werk verrig het.
• Betaal nooit kontant om ’n boete te laat “verdwyn” nie, maar rapporteer dit onmiddellik as afpersing by die polisie.
• Dien ’n formele dispuut in by disputes@tshwane.gov.za of by die klientedienssentrum in die Isivuno-gebou.

Inwoners van Tshwane verdien ’n regverdige en deursigtige stelsel – nie een wat hulle verder straf terwyl hulle reeds onder swak dienslewering ly nie.

Op 4 November het inwoners die geleentheid om vir die VF Plus te stem om ʼn einde te maak aan onregverdige boetes, korrupte praktyke en ’n stelsel wat inwoners eerder straf as om hulle te dien

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.