Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-burgemeesterskomiteelid moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir regsonkoste

Die VF Plus eis dat die Tshwane-metro se burgemeesterskomiteelid vir omgewing en landbou, Obakeng Ramabodu, persoonlik aanspreeklik gehou word vir die regsonkoste wat die metro moet dra vir sy appèlaansoek teen AfriForum se suksesvolle hofsaak oor die metro se omstrede reinigingsheffing.

Ramabodu, as politieke hoof van die departement, was die persoon wat die opdrag gegee het dat die metro appèl aanteken teen die hofuitspraak oor die onregmatige reinigingsheffing, ten spyte daarvan dat die saak geen meriete gehad het nie.

Die hooggeregshof het Maandag die aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys en boonop bestraffende koste teen die metro toegestaan.

Hierdie uitspraak is ’n oorweldigende bewys dat die besluit roekeloos en onbekwaam was.

Die hof het in ʼn vorige uitspraak op 31 Julie die instelling van die bykomende reinigingsheffing onwettig verklaar en tersyde gestel.

Die metro het ʼn heffing ingestel om inwoners wat nie van munisipale vullisverwyderingsdienste gebruik maak nie, te dwing om ʼn bedrag van R194 per maand te betaal. Die geld sou aangewend word om vullisterreine in stand te hou en strate skoon te maak.

Die Tshwane-metro se belastingbetalers is nie ’n kontantkoei wat onbevoegde politici kan uitmelk nie. Dit is onaanvaarbaar dat miljoene rande van belastingbetalers se geld vermors word om ’n blatante onregmatige heffing te probeer regverdig.

Die VF Plus stel dit onomwonde dat Obakeng Ramabodu nie moet probeer om agter die metro weg te kruip nie. Hy moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir die verliese en regsfooie wat direk aan sy besluit te wyte is.

Die VF Plus sal alle moontlike politieke en regsaksies steun om te verseker dat individue wat belastingbetalers se geld vermors, self die gevolge dra.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.