fbpx
Vryheidsfront Plus

Transnet se appèl teen klasaksie-uitspraak kan hom duur te staan kom

Transnet se besluit om appèl aan te teken teen die uitspraak van die Noord-Gautengse-Hooggeregshof kan hom duur te staan kom en die VF Plus sal nou stappe neem wat dié organisasie se kredietgradering negatief kan raak.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, het vandag in sy ledeverklaring in die parlement gesê die VF Plus gaan die klasaksie-hofuitspraak aan al Transnet se bestaande krediteure, kapitaal-uitbreiding diensverskaffers en die groot kredietgraderingsagentskappe vir kennisname stuur.

Hy sê dit is om seker te maak Transnet kom sy verpligtinge teenoor die pensioenfondse en pensioenarisse na soos vereis deur artikel 51(1)(d) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur 1 van 1999.

“Transnet moet besef dat ‘n kredietafgradering hom in die gesig staar weens die stroping van die bates van die pensioenfondse en die diefstal van die geld van onskuldige pensioenarisse. Transnet gaan ‘n prys daarvoor betaal. Daarvoor sal die VF Plus sorg.

“Die VF Plus het nie net kennis geneem van Transnet en die trustees van die twee pensioenfondse se besluit om teen die klasaksie-hofbevel te appelleer nie, maar ook van die beweerde uitlatings van die uitvoerende beampte van Transnet, mnr. Brian Molefe, wat glo aan ‘n joernalis gesê het die pensioenarisse is ‘begunstigdes van apartheid wat op geen vergoeding aanspraak kan maak nie’.

“Verder het hy glo ook gesê; ‘(indien) hulle die revolusie in die strate verder wil voer, moet hulle net sê…’ wat ‘n dreigement teenoor onskuldige ou mense is.

“Gegewe hierdie hardkoppigheid van Transnet en sy begeerte om rewolusie te voer teen onskuldige pensioenarisse, waarvan bykans die helfte swart, bruin en Indiërmense is, het die VF Plus geen keuse om hierdie drastiese stappe te neem nie,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.