Die haglike toestand en gebrek aan ekonomiese groei van die Potchefstroom/Venterdorp-munisipaliteit sal dringend intensiewe aandag moet kry, het Ian de Villiers, VF Plus-raadslid en verteenwoordiger in die groei-, ontwikkelings-en bemarkingsportefeuljekomitee van die Potchefstroom/Ventersdorp-munisipaliteit, gesê.
Die munisipaliteit het menige kere al bespreek en beplan oor hoe om beleggers te lok vir ekonomiese groei binne die munisipale gebied, maar tree nie daadwerklik op om die beplanning tot aksie te bring nie. Die swak instandhouding van die munisipale gebied dra grootliks by om beleggers af te raai om te belê in ‘n eens prag-dorp.
“Resolusies rondom planne so ver as 2013 is steeds nie in werking gestel om ekonomiese groei te verseker nie en die gevolg is dat daar min ontwikkeling in Potchefstroom plaasvind wat werkskepping aanwakker.
“Meer kreatiewe planne sal gemaak en volledig aan die raad voorgelê moet word vir implementering. Die uitvoering van die planne moet deur die amptenare gedryf word vir effektiewe ekonomiese groei en werkskepping.
“Met die omgewing en kundigheid wat Potchefstroom besit, het die ANC-regeerde munisipaliteit geen verskoning vir die swak ekonomiese groei nie. Dienslewering is die munisipaliteit se verantwoordelikheid en daar kan begin word deur die dorp op te ruim om dit aanlokliker te maak vir beleggers.
“Die VF Plus sal as ‘n prioriteit in gesprek tree met die betrokke komitee en die bestuur van die munisipaliteit vir ‘n effektiewe oplossing en daadwerklike uitvoering van planne, het De Villiers gesê.
Kontaknommers: 082 848 5528 / 079 885 1135