fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung-metro (Bloemfontein) tree strydig met wetgewing op – ANC minag wet en orde

Die ANC-beheerde Mangaung-metroraad gaan net voort met hul voortdurende minagting van wetgewing. Ingevolge die Munisipale Stelselswet en die Regulasies wat daarmee saamgaan, bestaan ‘n duidelike tydsraamwerk waarbinne aanstellings van senior amptenare, soos die stadsbestuurder en hoofde van departemente moet geskied, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro, gesê.

“Die aanstellings wat gister in die raad gedoen is, is in stryd met wetgewing en dus ongeldig. Hierdie aanstellings is gedoen ten spyte van ‘n vraag deur die VF Plus gedurende die vorige raadsvergadering oor die nakoming van die regulasies vir aanstellings in die Wet, sowel as ‘n skrywe aan die uitvoerende burgemeester van die metro, me. Olly Mlamleli. In hierdie skrywe het die VF Plus versoek dat aan die raad bevestig moet word of die aanstellings volgens die voorgeskrewe wetgewing geskied het of nie.

“Ingeligte bronne in die administrasie het bevestig dat die burgemeester twee regsmenings aangaande die verontagsaming van die tydsraamwerke in die regulasies ingewin het, maar steeds besluit het om voort te gaan met die aanstellingsproses.

“Die voortgesette verontagsaming van wetgewing en die ANC se minagting van die reg, dui weereens op die regerende party se minagting van wet en orde. Dit is ‘n baie gevaarlike spel wat in die metroraad gespeel word,” het Snyman-van Deventer gesê.

 

Kontakbesonderhede: 082 305 1540 / 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.