Die VF Plus is nie verbaas oor die toename in dienslewering-protesaksies in Gauteng nie. Net in Gauteng alleen was daar volgens statistiek wat vandeesweek deur Municipal IQ bekend gemaak is, 218 dienslewering-protesaksies in 2019.
Die toename in dienslewering-protesaksies in Gauteng is ‘n goeie aanduiding van mense se frustrasie en desperaatheid oor die swak dienslewering van munisipaliteite.
Die VF Plus is egter bekommerd oor die aantal protesaksies wat tot geweld oorgaan. Dit voorspel niks goed vir die veiligheid van inwoners van die provinsie nie en die party verwag dat protesaksies gaan toeneem na afloop van die Covid-19-inperking.
Die party moedig mense aan om by buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsforums aan te sluit en so ingelig te bly oor protesaksies in hul omgewing.
Kontaknommer: 071 640 7283