fbpx
Vryheidsfront Plus

Thembelihle: Burgemeester vas oor beweerde geslagsgegronde geweld

Die burgemeester van die Thembelihle-plaaslike munisipaliteit (Hopetown en Strydenburg), mnr. Marnus Visser, wat sedert die naweek in aanhouding is weens beweerde huishoudelike geweld, behoort uit eie oorweging as burgemeester en raadslid te bedank.

Mnr. Visser is van die Siyathemba Gemeenskapsforum of SGB, algemeen bekend as Die Bokke en is in koalisie met die ANC.

Geslagsgegronde geweld is gedurende die Covid-19-pandemie as Suid-Afrika se “tweede pandemie” verklaar, weens die hardnekkige voorkoms daarvan sowel as die vernietigende uitwerking wat dit op huishoudings en gemeenskappe het.

’n Plaaslike raadslid behoort ’n persoon te wees na wie mense opsien en wat ’n voorbeeld vir ontluikende volwassenes is.

Selfs al verwys die “gedragskodes vir senior ampsdraers” in munisipaliteite slegs na werksverwante oortredings wat skorsing regverdig, kan huishoudelike geweld nie oor die hoof gesien word nie.

Die feit dat die burgemeester gedurende die vakansie in Philipstown, deel van die Renosterberg-plaaslike munisipaliteit, in hegtenis geneem is, skep opnuut vrae oor sy posisie in Thembelihle.

Daar is reeds ’n geruime tyd kommer dat hy nie in die munisipaliteit waarvan hy burgemeester is, woon nie.

Die VF Plus se mening is dat, indien Visser nie self bedank nie, Thembelihle se munisipale raad ’n buitengewone vergadering behoort te hou om hom te skors, hangende die verloop van die polisie-ondersoek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.