Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Thabazimbi: VF Plus verwerp aanstelling van omstrede munisipale bestuurder

Die VF Plus verwerp die aanstelling van Gopolang Clement Letsoalo as die nuwe munisipale bestuurder van die Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit (Northam, Leeupoort, Rooiberg).

Die aanstelling van die omstrede Letsoalo is duidelik politiek-gedrewe.

Letsoalo, ‘n voormalige munisipale bestuurder van die Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit in Noord-Wes, is op 7 Augustus 2024 uit sy posisie geskors omdat hy na bewering sy salaris van R1 046 220 tot R1 370 071 verhoog het sonder ‘n raadsbesluit of die burgemeester se goedkeuring.

Verdere bewerings van wangedrag teen Letsoalo sluit onder meer in dat hy versuim het om te voldoen aan die selfoontoelaebeleid en voorsieningskettingbeleide.

Letsoalo se vertoë teen die bewerings was onvoldoende en het hy ook nie betyds gereageer op die aanklagte teen hom nie

Letsoalo se aanstelling is weereens ʼn bewys dat die ANC sal voortgaan met sy gefaalde beleid van kaderontplooiing ten koste van die inwoners van Thabazimbi.

Die VF Plus sal Letsoalo met valkoë dophou en geen ongerymdhede duld nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.