Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Strate in Northam omskep in rioolriviere

Weens die Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit se wanbetaling aan Eskom het die kragverskaffer die krag voor die afgelope naweek na Northam se rioolpomp afgeskakel.

Dit het daartoe gelei dat riool die strate in rioolriviere omskep het – ook om die winkelsentrum wat veral oor naweke baie besig is.

Ná druk van die VF Plus op die speaker van die munisipale raad, mnr. Dingaan Sebata, is Eskom se rekening betaal en die krag na die pomp herstel. Dit was egter te laat om die rioolstorting te verhoed.

Northam is die weeskind van die Thabazimbi-munisipaliteit en word dikwels aan sy eie genade oorgelaat.

Northam se inwoners het net soos dié van die groter Thabazimbi ʼn grondwetlike reg op behoorlike dienslewering en om in ʼn omgewing te werk en woon wat nie ʼn gevaar vir hul gesondheid en die omgewing inhou nie.

Die party het die situasie ook met die Groen Skerpioene opgeneem wat onderneem het om dit te monitor.

Die VF Plus het ook ʼn dringende vergadering van die munisipaliteit se infrastruktuurkomitee versoek om die nodige stappe in werking te stel om ʼn soortgelyke probleem te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.