Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis ferm optrede teen taxibestuurders wat hoofroetes in Matlosana versper

Daar moet nou sterk opgetree word teen taxibestuurders wat byna al die hoofroetes na Klerksdorp, Orkney en Stilfontein versper met ‘n onwettig-georganiseerde protesoptrede.

Die VF Plus in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit het aan die direkteur van gemeenskapsveiligheid in die munisipaliteit, mnr. KD Boikanyo, gesê dit kan nie geduld word nie.

Dit is onaanvaarbaar dat die hele munisipale gebied deur die onwettige optrede van ‘n groep gegriefde individue tot stilstand gedwing word. Kinders kan nie by die skool uitkom nie en talle inwoners is verhinder om by die werk te kom.

Die N12, ‘n nasionale hoofroete na Gauteng, die Noord-Kaap en Wes-Kaap, is ook versper met gevolglike finansiële skade vir ‘n groot aantal ondernemings.

Dit is noodsaaklik dat daar so kragdadig moontlik ingevolge die reg teen die skuldiges opgetree word om hierdie wetteloosheid te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.