Te veel hande en te min werksgeleenthede is die ongesonde arbeidsituasie in Suid-Afrika wat die ANC-regering geskep het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor arbeid.
Adv. Alberts sê die hoofoorsake kan gesoek word by die gekaapte pres. Jacob Zuma en sy kabinet, en beleidsondersekerheid onder die mantel van radikale ekonomiese trasformasie. Dit is ook die mening van internasionale kredietgraderingsagentskappe, die IMF, die Europese Unie (EU) en Amerika.
Hy sê die vraag is of Suid-Afrika die nodige aanpassings aan sy arbeidsbeleid gaan maak, en of die land onbepaald op die ekonomiese rommelhoop gaan bly wat die ANC geskep het.
“Die groot probleem met hierdie departement is dat die oogmerk wesenlik is om bestaande werksgeleenthede te herverdeel sonder dat daar eerlik gekyk word na hoe om nuwe geleenthede te skep. Daar word dus nie ag geslaan op die duisende werkloses nie, want herverdeling is die mantra.
“Daar is ook ‘n obsessie om te fokus top-bestuursvlakke se demografiese profiel en om te kla hoe wit dit steeds is. Ander vlakke waar die meeste werk geskep word, word buite rekening gelaat. Daardie vlakke skilder ‘n ander prentjie en dit laat ‘n mens met die indruk dat die departement se agenda is om wit mense, wat ook help om swart politici se salarisse te betaal, te demoniseer.
“Ironies genoeg is die ANC se eie syfers oor indiensneming in die staatsdiens, wat feitlik net kaders bevoordeel, baie interessant. Teen 2011 het die staatsdiens se demografiese profiel reeds as volg daar uitgesien:
“Dit kom kortliks daarop neer dat die ANC nie sy eie voorskrifte rakende billike indiensneming nakom nie, maar van die private sektor verwag om dit te doen. Daar kan gerus ondersoek ingestel word oor die situasie by Luthuli-huis.
“Talle mense vanuit die bruin gemeenskap, insluitende die Koi en San, is ongelukkig oor hoe die ANC se werksreserveringsbeleid hulle benadeel. Aangesien die nasionale demografiese statistiek gebruik word om gelyke indiensnemingsteikens te stel, vind bruinmense dat hulle nie swart genoeg is vir ‘n werk nie. Laat ons u enkele voorbeelde gee:
“Dit is maar van die enkele probleme wat uitgelig word onder die mantra: “Ons is nie gelyk nie!”. Dit spreek vanself dat witmense hierdie sentiment deel.
“Die minister kan kennis neem van die volgende regsbeginsels:
“Minderhede in die land roep uit: Ons is nie gelyk nie! Ons weet waarom: dis omdat die ANC nie werk nie en nie ons ekonomie kan laat werk nie. Die talle werkloses kom nou agter wie die werklike oorsaak van die probleem is en gaan hulself begin verset teen die gekaapte ANC-regering,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403