Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Talle verkeersboetes word landwyd foutiewelik deur plaaslike owerhede uitgereik wat padveiligheid in gedrang bring

Talle verkeersboetes word landwyd foutiewelik deur plaaslike owerhede uitgereik deur dit direk aan die eienaar of eienaarsmaatskappy van voertuie te stuur en nie aan die eienaar se wettig-aangestelde agent wat die boetes namens die eienaar hanteer nie.

Dit gebeur veral in die geval van maatskappye met groot motorvoertuig-vlote wat ‘n agent aanstel om alle boetes namens hulle te hanteer, blyk dit uit ‘n parlementêre vraag en antwoord daarop van die minister van vervoer, dr. Blade Nzimande.

In die praktyk gebeur dit egter dat boetes direk aan die eienaar of maatskappy uitgereik word wat beteken dit word onreëlmatig uitgereik. Sodoende word dit nie betaal nie en dit verval. Op hierdie wyse, deur die roekelose bestuur van boetes deur plaaslike owerhede, word oortreders eenvoudig nie aanspreeklik gehou nie.

Die probleem blyk veral groot te wees in plaaslike regerings soos Ventersdorp, Potchefstroom, Durban en Midvaal.

Tog kom die probleem landwyd voor. ‘n Groot inkomste vir plaaslike owerhede gaan sodoende verlore en selfs padveiligheid word in die gedrag gebring deur die ongeldigheid van die boetes.

‘n Verdere nadraai is dat onbetaalde boetes kan lei tot die blokkering van lisensiehernuwings wat voertuie onbruikbaar maak, veral vir vervoermaatskappye.

Die minister het in sy antwoord aangedui dat hy die padverkeers-bestuurskorporasie gaan vra om die situasie te monitor.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.