Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

DA in Midvaal draai mantel oor HOP-behuising

DA-raadslede in Midvaal skarrel behoorlik rond om vure dood te slaan nadat dit bekend geword het dat ‘n omstrede HOP-behuisingsontwikkeling tussen Golfpark en Henley On Klip beplan word.

Nadat die beoogde ontwikkeling wyd bekend gemaak is, blyk dit dat die DA ywerig probeer om die ontwikkeling te keer. Tog is hierdie projek gesamentlik deur die DA-stadsraad van Midvaal en die Gautengse provinsiale regering beplan.

Die skielike ommeswaai van die DA in Midvaal strook beslis nie met hul beleid van geïntegreerde gemeenskapsontwikkeling genaamd “Breaking down the apartheid spatial framework” nie.

Hierdie wisselvallige optrede van die DA is ‘n duidelike voorbeeld dat hy verskillende boodskappe vir elkeen van hul nismarkte het en in dié geval moet die inwoners en belastingbetalers van Golfpark en Henley On Klip moontlik ‘n duur prys daarvoor betaal.

Kontaknommer: 071 640 7283

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.