Inwoners van Heidelberg in die Lesedi-plaaslike munisipaliteit sal waarskynlik vir die volgende twee dae nog sonder water wees nadat die dorp reeds vanaf Sondag sukkel met gebarste waterpype en ‘n lae drukstelsel.
Inwoners verduur onnodig ongerief omdat die stadsraad oor ‘n lang tydperk nie instandhoudingswerk gedoen het nie.
Die middedorp en industriële gebied is die swaarste getref terwyl hierdie juis die mense is wat getrou belasting betaal en sodoende help om die dorp se infrastruktuur aan die gang te hou.
Die Lesedi-munisipaliteit het reeds vir die vervanging van waterpype begroot, maar geen kontrakteur is nog aangestel nie.
Die tyd het aangebreek dat kiesers in 2019 saamstaan en stem vir ‘n party soos die VF Plus wat hul belange op die hart dra. Dit is nou of nooit.
Kontaknommer: 0725470481