Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Swak bestuur van noodvoertuie laat Dipaleseng-inwoners gestrand tydens brande

Die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Grootvlei en Greylingstad) faal sy inwoners wanneer dit by nooddienste kom.

Die rampbestuurseenheid, wat verantwoordelik is vir die hantering van brande, ongelukke en ander noodgevalle, kon weens onvoldoende onderhoud aan voertuie en toerusting geen bystand lewer tydens โ€™n brand in Balfour nie.

Op Sondag 16 Augustus het โ€™n elektriese brand, veroorsaak deur โ€™n kortsluiting, by โ€™n substasie in Balfour, uitgebreek. Inwoners moes self die brand met brandblussers blus.

Die VF Plus het die brandweer gebel en die noodgeval aangemeld, maar die brandweer het nie opgedaag nie.

Dipaleseng beskik oor โ€™n rampsentrum met ses opgeleide brandweermanne wat dagskof werk en snags op bystand is.

Die munisipaliteit het die afgelope maande โ€™n eenton-noodreaksievoertuig vanaf die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit ontvang. Hierdie voertuig staan by die sentrum, maar is nooit met die nodige toerusting toegerus nie en kan dus nie gebruik word nie.

Oor โ€™n tydperk van 24 maande is geen toerusting aangekoop nie. โ€™n Brandbestrydingsbakkie is reeds meer as โ€™n maand onbruikbaar omdat die pompe nie werk nie en die verskaffer nie betaal is nie.

โ€™n Plaaslike myn het sowat nege maande gelede โ€™n brandweerwa aan die munisipaliteit geskenk. Slegs die voertuig is geskenk โ€“ die munisipaliteit moes self die toerusting aanskaf.

Dit is duidelik dat brandbestrydingstoerusting, hetsy gekoop of geskenk, slegs met behoorlike bestuur en instandhouding vir die gemeenskap van waarde kan wees.

Die gebrek aan doeltreffende bestuur by hierdie ANC-beheerde munisipaliteit moet voor die deur van die uitvoerende burgemeester, Busi Khanye, asook die verantwoordelike burgemeesterskomiteelid, mnr. Ahmed Carrim, geplaas word.

Inwoners moet op 4 November vir die VF Plus stem, wat met betroubare finansiรซle en operasionele bestuur sal verseker dat nooddienste werklik alle inwoners bereik.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.