Die VF Plus is bekommerd oor die voortgesette kragonderbreking wat Oudtshoorn, Dysselsdorp en omliggende landelike gebiede vandag vir die vierde agtereenvolgende dag sonder elektrisiteit laat.
Die kragtoevoer is op Saterdagoggend, 15 Augustus, om 03:00 onderbreek nadat skade aan Eskom se infrastruktuur ontstaan het.
Ondanks verskeie kennisgewings met spesifieke hersteltye, is diรฉ ondernemings nie nagekom nie.
Die vierde dag sonder elektrisiteit plaas inwoners, huishoudings, boerderye, ondernemings en toerisme-ondernemings onder toenemende druk. Die landbou-, sake- en toerismesektor ly ernstige inkomsteverliese en ontwrigtings. Huishoudelike voedselvoorrade en ander noodsaaklike behoeftes skep ook toenemend probleme.
Dit is onaanvaarbaar dat die gemeenskap telkens op aangekondigde hersteltye staatmaak net om te vind dat die krag nie herstel is nie. Sakelui, boere en toerisme-ondernemings kan nie hul bedrywighede beplan rondom tydraamwerke wat voortdurend verander nie.
Die VF Plus besef dat grootskaalse infrastruktuurskade nie altyd onmiddellik herstel kan word nie. Dit is egter onaanvaarbaar dat Eskom herhaaldelik onrealistiese tye aankondig sonder om die gemeenskap betyds en eerlik in te lig wanneer diรฉ tye nie haalbaar is nie.
Die party dring daarop aan dat Eskom oop kaarte speel en die inwoners van Oudtshoorn van akkurate, gereelde en realistiese inligting voorsien.
Die herstelwerk moet as absolute prioriteit hanteer word, met voldoende hulpbronne en personeel, totdat die kragtoevoer volledig herstel is.


