fbpx
Vryheidsfront Plus

Suksevolle optog na die Uniegebou deur Transnet-pensioenarisse

Transnet se pensioenarisse het vandag ‘n suksesvolle optog gehad na die Uniegebou in Pretoria waar ‘n beswaarskrif aan president Jacob Zuma se kantoor oorhandig is oor die skandalige lewensomstandighede van die pensioenarisse, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Adv. Alberts sê die mense se haglike omstandighede het ontstaan weens die beperkte 2%-verhoging wat die pensioenarisse elke jaar kry terwyl lewenskoste met veel meer styg.

Hy sê sowat honderd pensioenarisse met ‘n gemiddelde ouderdom van sowat 75 jaar het aan die optog deelgeneem.

Dit was ‘n unieke gebeurtenis aangesien dit gewoonlik jonger werkende mense is wat in die strate betoog om hul saak gehoor te kry en nie bejaardes wat uit nood optree nie.

Die optog sou veel groter gewees het, maar talle kon dit weens ouderdom of geldelike redes nie bywoon nie.

Adv. Alberts het namens die mense die versoekskrif by die Uniegebou oorhandig waarin die president gevra word om in te gryp en toe te sien dat ‘n dringende inspuiting in die pensioenfondse gemaak sodat Transnet se duisende pensioentrekkers ‘n waardige aftrede kan kry.

“Die beswaarskrif stel dit ook duidelik dat ‘n hofsaak van R80 miljard tans hangende is weens die wanbestuur van die fondse. Dit is die grootse eis in Suid-Afrika se geskiedenis, en sou dit slaag, sal miljarde rande uitbetaal moet word wat die staat en Transnet baie seer kan maak.

“Daarom is die president versoek om nou in te gryp en ‘n wen-wen situasie te skep om fondse aan te vul of die alternatiewe in die gesig te staar waar die staat miljarde sal moet uitbetaal wat weggesuig sal moet word van ander prioriteite af.

“Die pensioenarisse het die VF Plus sowat drie weke gelede gevra om die optog te reël en te fasiliteer. Omdat die VF Plus namens die mense reeds by die parlement betrokke is om oplossings te vind, het ons die versoek toegestaan.

“Ons is verheug oor die opkoms ten spyte van die mense se ouderdom en ons kan net hoop en vertrou dat die president ag sal slaan op die beswaarskrif. Indien nie, sal ons hom in die hof sien en ons glo die pensioenarisse sal as oorwinnaars uit die stryd tree,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.