(Ledeverklaring in parlement)
Suid-Afrika benodig ‘n nuwe bedeling, ‘n Codesa 3, ‘n nuwe akkoord en veral ‘n nuwe plaaslike regeringsbedeling.
Suid-Afrikaners vertrou die privaatsektor meer as die openbare sektor en het as gevolg van staatskaping, wanadministrasie en swak dienslewering reeds self ingespring waar die regering misluk en van die regeringsfunksies self begin uitvoer.
Privaat onderwys, -veiligheidsdienste, -gesondheidsdienste en munisipale dienste word reeds met ná belaste geld geskep terwyl die regering van die een irrasionele besluit na ‘n ander strompel. Waar gemeenskappe staatsfunksies self verrig, behoort belastingtoegewings gemaak te word.
Die VF Plus ondersteun die beginsel van gemeenskappe wat hulself beywer vir besluitneming en ekonomiese ontwikkeling op plaaslike vlak.