Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Stroping van wild uit Afrika is ‘n skande en moet stopgesit word

Die ongebreidelde stropery van wilde diere op die kontinent van Afrika en in die besonder Suid-Afrika om die Ooste van waardelose seksopkikkers en skoonheidsmiddels te voorsien is skandalig en ingrypende stappe moet geneem word om dit stop te sit,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor omgewingsake.

Adv. Alberts sê die stropery is besig om om hand uit te ruk. Luidens sommige berigte is daar nog net 20 000 leeus in Afrika oor terwyl donkies se getalle wêreldwyd drasties afneem. Intussen gaan die stropery van die hoogs bedreigde renosterspesies ook nog ongehinderd voort.

Hy sê wat Suid-Afrika aanbetref, sal drastiese stappe geneem moet word dié stropery stop te sit en sy diere te beskerm.

“Alle uitvoere van donkies uit Suid-Afrika moet onmiddellik gestaak word, die polisiëring van wild en wildstroping moet opgeskerp word. Daar moet ook ‘n algehele verbod geplaas word op die uitvoer van enige diere uit die Afrika-kontinent.

“’n Tragiese voorbeeld van baie Afrika-lande se totale gevoelloosheid teenoor diere is Zimbabwe wat onlangs glo (luidens ‘n berig in The Conversation) sekere skulde aan China afbetaal het in die vorm van olifante en ander wild.

“Volgens die berig het Zimbabwe 35 jong olifante, agt leeus en 12 hiënas aan China gegee om die skuld te delg.

“’n Nuwe dinamika aan dié stropery is ‘n nuwe bygeloof wat in Oosterse lande posgevat het dat jellie afkomstig uit ‘n donkievel ook sekere skoonheid- en seksuele opkikker-eienskappe het. Sekere dele van leeus, soos die kop en pote, het ook gesog geraak.

“Wêreldwyd word daar vermoedelik byna twee miljoen donkies doodgemaak om dié nuwe mark in China te voed. Om die saak te vererger word die donkies in baie gevalle lewend afgeslag om die vel te bekom.

“Daar moet sonder meer opgetree word. Teen die huidige tempo waarin stropies en uitvoer van diere plaasvind, gaan daar oor ‘n dekade van sekere spesies min of geen diere in Afrika oor wees nie,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.