fbpx
Vryheidsfront Plus

Berigte dat Afrika kollektief aan die Internasionale Strafhof onttrek is ontstellende

Die beplande kollektiewe onttrekking van Afrika aan die Internasionale Strafhof is ‘n terugwaartse stap wat betreur moet word,” sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor buitelandse sake.

Luidens ‘n berig vandag (1 Februarie 2017) op Netwerk24 het Afrika-staatshoofde ‘n ‘nie-bindende’ besluit aanvaar om hulle gesamentlik aan die Internasionale Strafhof te onttrek.

Dié besluit is glo Dinsdag agter geslote deure geneem aan die einde van die Afrika-Unie se beraad in Addis Abeba. Suid-Afrika het verlede jaar skokgolwe veroorsaak met sy besluit om hom aan die hof te onttrek.

Dr. Mulder sê Afrika se pad na die internasionale gemeenskap lê juis in groter deelname en betrokkenheid en beslis nie in isolasie en afsondering nie.

“Dit is jammer dat Suid-Afrika met sy leiding en standpunte hom weereens aan die verkeerde kant bevind van konstruktiewe state wat hulle beywer vir die oppergesag van die reg.

“Dit is weereens Botswana en Nigerië wat die morele hoë grond beklee met hul ondersteuning aan die hof.

“Hierdie besluit van Afrika staatshoofde is ongelukkig ‘n bewys dat daar geen visie of leiding in belang van die Afrika-kontinent nie,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.