Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Stop armoede en ekonomiese verval in Gauteng deur binnelandse en buitelandse beleggings

Die VF Plus het tydens die begrotingsdebat oor die premier se kantoor, ‘n sterk boodskap aan Panyaza Lesufi gestuur dat die enigste wyse waarop armoede en ekonomiese verval in Gauteng gestop kan word, deur volhoubare binnelandse en buitelandse beleggings is.

Daar is nie ‘n ander sneller wat hierdie kwessies sal oplos nie.

Dit beteken dat die Gautengse regering die omgewing moet skep om die nodig beleggings na die provinsie te lok.

Dit is geyk dat meeste ekonome aanvaar dat Suid-Afrika se per capita bruto binnelandse produk (BBP) teen 8% en 8,5% oor die volgende 10 jaar moet groei ten einde die globale gemiddelde BBP-groei te ewenaar. Dieselfde geld vir Gauteng wat ook die ekonomiese enjinkamer van die land is.

Die enigste wyse wat die groeikoers gerealiseer kan word, is om die persentasie beleggings in verhouding tot die BBP van die huidige koers van 15% na ten minste 25% te lig.

Dit verg weer aansienlike direkte buitelandse beleggings.

Daarom het die VF Plus dit aan die premier gestel dat Gauteng goeie handelsbande moet bou met al die state wat substantiewe beleggings in die provinsie sal maak. Dit vereis dat die provinsie sy stem laat hoor by die nasionale regering om goeie handelsbande met die VSA ook daar te stel, soos die geval is met China.

In daardie verband kan gekyk word na die buitelandse beleid van Brasilië wat vorder met ekonomiese groei en werkskepping deur handel te dryf met almal wat goed sal wees vir die land se ekonomie.

Dus sal die Gautengse provinsiale regering moet wegbeweeg van ideologie na pragmatisme.

In reaksie het premier Lesufi saam gestem en die VF Plus bedank vir die advies.

Die VF Plus sal gevolglik in gesprek tree met die Gauteng-regering ten einde planne te realiseer wat werklik ekonomiese groei ontsluit en armoede vir almal, wit en swart, terug te stoot.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.