Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Steenhuisen versterk verbintenis tot transformasie in landbou

Die DA-leier en minister van landbou, mnr. John Steenhuisen, het vandag op ‘n mediakonferensie sterk teen Sakeliga te velde getrek na aanleiding van dié organisasie se standpunt oor die departement van landbou se sogenaamde “transformasiefondse”.

Volgens Steenhuisen is die fondse waarna Sakeliga verwys, vrywillige heffings wat deur die onderskeie bedrywe self bestuur word.

Verder het hy op die geweldige ongelykheid in Suid-Afrika verwys en op die grondwetlike verpligting om die onregte van die verlede reg te stel.

Sy gevolgtrekking was dat hy trots is op die doeltreffende en “van onder af boontoe”-wyse waarop sy departement opkomende boere bevorder.

Volgens die VF Plus is konsentrasie ‘n opvallende kenmerk van Suid-Afrikaanse landbou. Die oorgang van informele, kleinskaalse landbou-ondernemings na formele groter skaal ondernemings, is baie duur en tegnies veeleisend.

Die markwaarde en produksiewaarde van landbougrond verskil. Dit beteken dat grond te duur is om lenings vir die aankoop van grond uit landbouproduksie te betaal.

Vir nuwe toetreders, wat ook nie op ‘n ander manier geld gemaak het nie, is dit moeilik om in die bedryf te vestig.

Volgens die VF Plus is dit goed dat bedryfsheffings toegang tot kommersiële landbou bemiddel. Die werklikheid is dat ‘n jong wit toetreder tot die bedryf voor dieselfde hindernisse te staan kom as ‘n swart toetreder.

Wat nodig is, is ‘n middeletoets, wat voornemende toetreders tot die landbou, sonder die nodige bronne, identifiseer en bystaan. Soos dit nou is, trek veral jong wit boere aan die kortste end.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.