fbpx
Vryheidsfront Plus

Statistiek wys hoë misdaadsyfer in Mpumalanga: Witbank negende misdadigste polisiegebied in Suid-Afrika

Misdaadstatistiek toon aan dat Mpumalanga ook swaar deurloop onder misdaad en Witbank is op agt na die polisiegebied met die hoogste misdaadsyfer in Suid-Afrika. Byna 224 000 misdaadverwante voorvalle is in die laaste boekjaar in dié provinsie aangemeld.

Luidens CrimestatsSA is 18 984 misdaadverwante klagte in Witbank ingedien wat wissel van skedule 5- en 6-misdaad soos moord en seksuele misdrywe, tot minder ernstige misdaad soos motorinbrake en witboordjiemisdaad.

Ander gevaarlike gebiede in die provinsie is Bosbokrand met 124 inbrake by sake-ondernemings, Nelspruit met 1 243 gevalle van motordiefstal en Skukuza met 147 voorvalle van die onwettige besit van vuurwapens.

Moord in die provinsie het luidens die statistiek nie toegeneem nie en het die afgelope vyf jaar grootliks dieselfde gebly rondom ‘n duisend moorde per jaar. Altesame 3 494 voorvalle van seksuele misdrywe is aangemeld.

Die VF Plus is bekommerd oor die hoë misdaadvlakke in die provinsie. Dit dien as bewys dat die polisie in Mpumalanga nie die mas opkom om sy burgers te beveilig nie.

Bovermelde statistiek gee ongelukkig nie ‘n aanduiding van die vervolging en aantal skuldigbevindings wat uit aangemelde sake voortgespruit het nie.

Die VF Plus sal vrae rig aan die provinsie se LUR vir veiligheid en sekuriteit, C.G. Tshabalala, oor die hoë misdaadvlakke en die polisie se planne om dit te bekamp.

Kontaknommer: 084 652 9164

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.