fbpx
Vryheidsfront Plus

Sterk optrede teen korruptes in Mogalakwena-munisipaliteit nodig met ouditeur-generaal se optrede teen onreëlmatighede by munisipaliteite

Die VF Plus in Limpopo verwelkom die nuwe bevoegdhede van die ouditeur-generaal (OG), Kimi Makwetu, om optrede te inisieer in gevalle van moontlike korrupsie op plaaslike regeringsvlak.

In Limpopo moet die vergrootglas veral val op die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Potgietersrus) wat hierdie jaar geïdentifiseer is as die tweede swakste munisipaliteit in Suid-Afrika in die OG se ouditverslag. Miljoene rande van die munisipaliteit is vermis waarvoor daar geen verantwoording gedoen is nie.

Jaar na jaar word gesien hoe die ouditverslae van die OG melding maak van munisipaliteite waar groot ongerymdhede plaasvind sonder enige gevolge vir nalatige en korrupte amptenare.

Streng optrede sal daartoe bydra dat amptenare deur die wet gedwing word om op te tree teen korrupsie wat deur die OG in sy verslae geïdentifiseer word.

Een van die bevoegdhede van die OG is om 'n sertifikaat van skuld aan rekenpligtige beamptes en departementshoofde uit te reik vir die versuim van optrede in gevalle waar wanbesteding plaasgevind het.

Die OG kan sake teen korrupte amptenare na die Valke, die spesiale ondersoekeenheid en die nasionale vervolgingsgesag vir ondersoek verwys. Die VF Plus sal graag wil sien dat hierdie proses nou so gou as moontlik in werking kom sodat die publiek oplaas optrede kan sien.

Kontaknommer: 078 617 8682

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.