fbpx
Vryheidsfront Plus

Stappe van regering om ebola uit Suid-Afrika te hou uiters noodsaaklik

Die VF Plus verwelkom die gesprekvoering tussen Suid-Afrika se minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, en sy eweknieë van die Sadek-lande oor die ebola-krisis en oor hoe om die verspreiding daarvan te keer, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor gesondheid.

Adv. Alberts sê dit is verblydend om te sien dat Suid-Afrika pro-aktief optree in die verband, maar gesien in die lig van die land se poreuse grense, is daar nie 'n keuse as om die strengste maatreëls moontlik te tref om Suid-Afrika se inwoners te beveilig nie.

“Probleme in Suid-Afrika se gesondheidsdienste is goed bekend en die land het genoeg probleme rondom gesondheid soos dit tans is.

“Dit sal daarom 'n omvangryke krisis veroorsaak indien die virus tot in Suid-Afrika versprei. As in ag geneem word hoe vinnig en wyd dit in Wes-Afrika versprei het waar reeds meer as 900 mense dood is, sou dit onverantwoordelik wees om nie deeglik voorbereid te wees nie,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.