fbpx
Vryheidsfront Plus

Staatsrede 2022: Die tyd vir optree het aangebreek

Met die probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar, is die tyd vir praat verby en die tyd vir optree en doen het aangebreek.

Die VF Plus sal daarom met die Staatsrede-2022 van pres. Cyril Ramaphosa wil hoor watter praktiese en volhoubare stappe hy gaan neem oor veral die werkloosheidskrisis in die land.

Niemand wil meer hoor van een of ander konferensie of gesprek om die probleem op te los nie. Daar moet praktiese optrede kom om ekonomiese groei te bewerkstellig, want dit is die kern van Suid-Afrika se talryke probleme.

Toestande moet nou geskep word wat dit gunstig sal maak vir beleggers om hul geld na die land te bring. Nóg ’n beraad of beloftes hieroor sal nie werk nie.

Die party wys jare al op die kern van die land se ekonomiese probleme, naamlik striemende arbeidswetgewing, swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA). Hieraan moet verander word voordat daar enige sprake van groei en vooruitgang sal wees.

Verdere praktiese stappe waarvan die VF Plus wil hoor, is oor misdaadbestryding.

President Ramaphosa moet verduidelik hoe hy verwag dat misdaad effektiewelik bestry kan word terwyl die polisie se begroting besnoei word.

Jare van leë beloftes het die land duur te staan gekom en die ANC toenemend van die publiek vervreem. Die afgebrande parlementsgebou is simbolies van wat met Suid-Afrika gebeur het onder ANC-leierskap.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.