fbpx
Vryheidsfront Plus

Staat se intelligensie- en veiligheidsgemeenskap misbruik geheimhouding om verantwoording te ontduik

(Debat in parlement)

‘n Wesenlike probleem met die staat se intelligensie- en veiligheidsgemeenskappe is dat vertroulikheid misbruik word om parlementêre oorsig en verantwoording te ontduik en moontlik ook misdaad te verdoesel.

Dit gebeur gereeld dat vertroulikheid as verskoning voorgehou word om moeilike vrae wat in die parlement gevra word oor moontlike ongerymdhede, te ontduik. Daardeur word verantwoordbaarheid aan die parlement ontduik.

Daar sal dringend besin moet word oor die definisie van vertroulikheid om die agentskappe, in besonder die staatsveiligheidsagentskap (SVA), verantwoordbaar te hou.

Die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, was onlangs ontevrede omdat haar waarnemende direkteur-generaal, mnr. Loyiso Jafta, voor die Zondo-kommissie getuig het. Waarom? Indien daar niks was om weg te steek nie, moes sy die getuienis verwelkom het.

Ek het onlangs skriftelike parlementêre vrae aan minister Dlodlo gerig oor getuienis voor die Zondo-kommissie aangaande die SVA wat glo vuurwapens uitgedeel het aan persone sonder om rekord te hou waarvoor dit gebruik word.

Die minister het nie die vraag beantwoord nie en het net gesê ‘n antwoord is by die parlement ingedien. Navrae het egter getoon dit is nie gedoen nie. Sy kom nie eens die reëls van die parlement na nie.

Nog ‘n voorbeeld van gebrek aan verantwoording is waar ‘n voormalige minister van veiligheid en sekuriteit, Sydney Mufamadi, reeds in 2018 ‘n volledige verslag oor onreëlmatighede in die SVA aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig het. Tot dusver is geen stappe hieroor geneem nie.

Oor die SVA se Operasie Justisie het Mufamadi getuig dat miljoene rande betaal is aan die vorige minister van staatsveiligheid, David Mahlobo. Ook daaroor heers net stilte.

In Afrikaans is ‘n spreekwoord wat lui; ‘die deler is net so goed soos die steler’. Persone wat daarvan weet en swyg, is daarom aandadig aan die wandade.

Daar moet opgetree word teen die mense en indien skuldig, moet hulle tronk toe gaan. Sulke ernstige misdaad kan nie toegesmeer word onder die dekmantel van ‘vertroulikheid’ nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.