fbpx
Vryheidsfront Plus

Staat moet ekonomiese faktore binne sy beheer oordeelkundig bestuur

Oor baie faktore wat die land se ekonomie op internasionale vlak beïnvloed, is daar geen beheer nie. Daarom moet met die uiterste omsigtigheid en sorg omgegaan word met die faktore wat wel beheer kan word, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

Adv. Alberts het vandag met die begrotingspos-debat van die departement van handel en nywerheid gesê gegewe die onseker internasionale ekonomiese omgewing en die uitdagings om werkloosheid en armoede te bestry, moet daar ag geslaan word op lesse van die verlede.

Volgens adv. Alberts verdien die departement ‘n pluimpie vir die skep van die ‘Eenstop-Besigheidsinisiatief’ met die oogmerk om beleggings in die land te vergemaklik, algemene besigheidsverwante staatsadministrasie meer verbruikersvriendelik te maak en om te verseker dat lisensie- en infrastruktuur-goedkeurings bespoedig word.

Hy sê indien hierdie inisiatief effektief uitgevoer word, sal dit ‘n groot rol speel om beleggings, veral van die buiteland, te vergroot. Die land het beleggings dringend nodig en dié inisiatief kom “op die regte tyd”.

Daar is egter ‘n voorbehoud en dit is om beleidsekerheid oor eiendomsreg te skep wat groei en werkgeleentheid sal aanwakker wat op ‘n natuurlike wyse meer mense in staat sal stel om eiendom te besit,” sê adv. Alberts.

Hy sê daar is ook ander aspekte van die departement wat aandag verdien:

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.