Hoër onderwys is veronderstel om waarde toe te voeg tot ‘n persoon se lewe, asook dié van sy gemeenskap en die land as ‘n geheel. Onder die huidige onderwysstelsel raak dit egter toenemend bloot ‘n rubberstempel tot ‘n somber toekoms, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys.
Hy sê universiteite kry toenemend meer studente met ‘n groot kognitiewe agterstand wat die maaksel is van die departement van basiese onderwys, en dan vererger hoër onderwys die probleem deur intervensie wat gegrond is op ideologie en nie pedagogie nie.
“Dit is dus duidelik dat daar revolusionêre veranderinge nodig is om die departement van hoër onderwys reg te ruk, al is dit dalk nie die revolusie wat die minister in gedagte gehad het nie,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403