fbpx
Vryheidsfront Plus

Staat kan blaadjie neem uit meriete-aanstellings van lugvaart-owerheid

Goeie nuus vir almal wat vlieg is dat lugvaart een gebied is waar Suid-Afrika te danke aan internasionale verdrae en reëls moet voldoen aan internasionale standaarde en waar alle aanstellings, veral sleutel-aanstellings in die private en openbare sektor, op meriete gedoen word.

In antwoord op geskrewe vrae van adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, na ‘n byna noodlottige ongeluk in Port Elizabeth in Julie vanjaar, blyk dit dat lugvaart in Suid-Afrika baie veilig is weens die hoë standaarde wat gehandhaaf word.

Adv. Alberts sê die ANC-regering kan dit as voorbeeld gebruik oor hoe voordelig bekwame aanstellings vir die hele land kan wees en dit is jammer dat daar nie meer internasionale druk op die staat is hom te dwing om meriete die hoogste kriterium in alle aanstellings te maak nie.

Die vrae het ‘n wye spektrum van moontlike gevaarlike voorvalle sedert 2010 in lugvaart gedek en luidens die antwoorde kan baie van hierdie voorvalle gelê word voor die deur van mense wat Suid-Afrika se lugruim van buite binnekom.

Sedert begin 2010 tot op hede is 22 ‘near miss’-voorvalle aangemeld. Dit word bestempel as voorvalle waar die veiligheid van ‘n vliegtuig ‘moontlik’ in die gedrang kon kom. Geen skade en/of beserings het egter voorgekom nie.

Suid-Afrika se lugvaart-reguleerder het ook ‘n redelik nuwe Veiligheids-bestuurstelsel (VBS) in werking gestel in terme waarvan teen moontlike oortreders opgetree kan word. Tot dusver was dit nog nie nodig nie.

Adv. Alberts sê die antwoorde skets in sy geheel ‘n positiewe prentjie.

“Goeie nuus is werklik skaars in Suid-Afrika. Die hoë standaarde wat in lugvaart gehandhaaf word, is ‘n welkome uitsondering. Die vals noot hier is net dat die regering dit nie uit vrye wil doen nie, maar weens internasionale verdrae wat hom daartoe verbind,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.