fbpx
Vryheidsfront Plus

Sonkrag, Eskom en die toekoms van elektrisiteit

Drie onlangse, uiteenlopende nuusberigte het opnuut die aandag op die voorsienig van elektrisiteit in Suid-Afrika gevestig.

Die een is die hoof uitvoerende beampte van Gold Fields wat by die regering daarop aandring om groot sonkragprojekte te bespoedig om reuse werksverliese weens hoë kragpryse te voorkom. Die tweede is Eskom wat waarsku dat ekonomiese groei tot beurtkrag kan lei en die derde Greenpeace se verdoemende uitspraak oor die lugbesoedeling in die Kriel-omgewing

Hierdie uitsprake dui op sowel die noodsaaklikheid van alternatiewe vir steenkoolgegronde kragopwekking, as die doeltreffendheid van sonkrag.

Tot onlangs was die kritiek teen sonkrag dat dit nie prysgewys met steenkool – of kernkragsentrales kan meeding nie en dat bogenoemde energiebronne beleggings in sonkrag oorbodig maak. Wat nou blyk is dat sonkrag suksesvol meeding wat prys, sowel as die tempo van installering aanbetref.

Dit is duidelik dat Eskom se bestaande bouprojekte, wat langer as 'n dekade reeds aan die gang is, nie betyds voltooi gaan wees om aan stygende aanvraag te voldoen nie.

Selfs al wek soninstallasies net gedurende die dag krag op, kan dit vinnig geïnstalleer word en voorsien ten minste dán krag wat andersins nie beskikbaar sou wees nie. Dalende batterykoste en vordering met Suid-Afrika se waterstof-brandstofprogram, kan die land se afhanklikheid van steenkool verlig.

Die vraag wat onbeantwoord bly is waarom Suid-Afrika steeds aan steenkool as energiebron vasklou as omgewings- en ekonomiese faktore daarteenoor staan. Wat ook al die antwoord, gewone burgers, (privaat én korporatief) sal na verwagting 'n meer rasionele keuse op die owerhede afdwing.

Kontaknommer: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.