Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hoërskool Theron in Britstown brand af: Dringende aandag nodig

Onderwys in die Noord-Kaap het nog 'n terugslag beleef toe die historiese Hoërskool Theron in dié dorp afgebrand het. Ongeag of die oorsaak brandstigting of 'n ongeluk is, dit dui op 'n probleem in die provinsiale onderwysdepartement wat reggestel moet word.

Dit volg binne enkele jare nadat 'n brand dié skool se koshuis in puin gelê het. Ander skole in die provinsie het onder dieselfde teenspoed deurgeloop.

Indien dit hierdie keer 'n ongeluk is, beteken dit dat onderhoud in die ouerwordende geboue van die provinsie se skole 'n probleem is. Indien gerugte dat brandstigting plaasgevind het waar is, is daar 'n meer diepliggende probleem wat nie bloot deur onderhoud opgelos kan word nie.

Onderwys in Suid-Afrika is daarvoor berug dat dit skoolverlaters nie genoegsaam vir naskoolse studie óf die beroepslewe voorberei nie. Dit kan daartoe lei dat skoliere nie sin daarin sien om skool te gaan of hulle aan die dissipline daaraan verbonde te onderwerp nie. So word die geringe kans wat daar wel nog op 'n verbetering van sosio-ekonomiese toestande is, verder ondergrawe.

Die ANC kan homself nie van hierdie krisis distansieer nie. Voor die magsoorname van 1994 was die afbrand van skole een van die gunstelingmaniere om protes teen die regering van die dag aan te teken.

Aangesien hierdie regering nie daarin slaag om mense in landelike gebiede se omstandighede te verbeter nie, gryp hulle terug na iets wat volgens hulle tevore gewerk het.

Dit is tyd dat gemeenskappe, die privaatsektor en die onderwysdepartement koppe bymekaarsit om 'n manier te kry om skoolonderrig ekonomies voordelig te maak. Anders sal die vernietiging van infrastruktuur nie eindig nie.

Kontaknommer: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.