fbpx
Vryheidsfront Plus

Muvhango-ster: Geen verskoning vir aanranding van ‘n vrou

Die voorval waarin ‘n manlike ster van die TV-reeks Muvhango ‘n vrou glo aangerand het in ‘n voorval van beweerde padwoede, plaas opnuut die fokus op Vrouemaand en die mishandeling van vroue.

Die beskuldigde, Dingaan Mokebe wat me. Chaan Botha na bewering op 6 Augustus vandeesmaand aangerand het, voer nou aan dat sy hom die “k”-woord genoem het. Sy ontken dit. Ongeag of dit gebeur het of nie was Mokebe se beweerde optrede steeds totaal wederregtelik en onaanvaarbaar.

Die VF Plus is ook bekommerd oor die polisie-ondersoek tot dusver. Daar is tot op datum glo nog nie foto’s of ander bewyse ingesamel om voor die hof te plaas nie. ‘n Onvolledige ondersoek kan vervolging laat skipbreuk ly.

Die VF Plus sal ‘n skrywe rig aan die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, me. Faith Mazibuko, sowel as aan die speaker van die provinsiale wetgewer om daarop aan te dring dat die saak behoorlik ondersoek word.

Kontaknommers: 071 640 7283 / 066 010 1066

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.