Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

President Ramaphosa erken dat ontevredenheid onder minderhede aandag moet geniet

President Cyril Ramaphosa erken dat hy bewus is van ontevredenheid onder minderhede in Suid-Afrika en sê hy is bereid om daaraan aandag te skenk en om met die VF Plus oor die aangeleentheid in gesprek te tree.

Die erkenning en toegewing het gevolg nadat die VF Plus die president gister tydens vraetyd in die parlement gepols het oor ontevredenheid weens die marginalisering en vervreemding van minderhede in die land.

Pres. Ramaphosa het gesê die lot van minderhede was voor 1994 hoog op die agenda, en die tyd het aangebreek om weer daaraan aandag te skenk.

Die VF Plus het aan pres. Ramaphosa gesê dié party is gereed om met hom en die regering in gesprek te tree en dat die tyd aangebreek het om dit te doen.

Die VF Plus het voorts gesê die toets van ‘n ware demokrasie is hoe ‘n regering na minderhede omsien. In Suid-Afrika is minderhede nie net ‘n persepsie nie, maar ‘n werklikheid.

Niemand teken beswaar aan wanneer ongelykhede van die verlede aangespreek word nie. Maar daar kan nie net na die een groep gekyk word en nie na die ander nie. Wanneer minderhede voel hulle word geminag, moet dit aandag kry.

Suid-Afrika se Grondwet maak dit duidelik dat die land se president eenheid onder alle mense moet bevorder tot groter voordeel van die land.

Voorheen is te veel gesien hoe leiers van die regerende party net aandag skenk aan eenheid binne hul party en nie noodwendig aan die land nie. Dit is verkeerd en veroorsaak probleme. Minderhede wil ‘n bydrae lewer tot vooruitgang in die land, maar voel tans uitgesluit.

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.