fbpx
Vryheidsfront Plus

Slu ANC se onderrok hang uit

Die tirannie van die meerderheid in enige vorm van regering is ‘n onding en sal tot die ondergang van Suid-Afrika op alle vlakke van regering lei, het Michal Groenewald, VF Plus-raadslid in the Matlosana-plaaslike munisipaliteit en leier van die VF Plus in Noordwes, na afloop van ‘n raadsvergadering Dinsdag gesê.

“Die VF Plus het uit die vergadering geloop omdat die ANC-geleide raad ‘n aansuiweringsbegroting op ‘n partydige en ondemokratiese wyse wat strydig is met toepaslike wetgewing en die staande reëls en ordes van die raad wou deurdruk.

“Die ANC is so slu dat hulle as’t ware ‘n aansuiweringsbegroting goedgekeur het sonder dat enige besonderhede van die items wat aangesuiwer word aan die raadslede gegee is. Met ander woorde die raad het ‘n begroting goedgekeur sonder om te weet waarop die geld uitgegee is.”

Groenewald het na afloop van die vergadering ‘n skrywe aan die waarnemende Speaker gerig waarin hy hom attent maak op die feit dat die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur deur die raad in die goedkeuringsproses oortree is.

Groenewald het ook aangedui dat die Vryheidsfront Plus regsadvies sal inwin ten einde daardie raadslede wat vir die aansuiweringsbegroting en by implikasie versteekte ongemagtigde uitgawes gestem het, persoonlik aanspreeklik te hou.

“Die VF Plus sal hom nie laat intimideer deur ‘n partydige, outokratiese waarnemende Speaker wat ‘n ANC-agenda probeer deurdruk deur slegs sekere dele van die wetgewing toe te pas nie en eis dat die item weer op die agenda geplaas word vir behoorlike oorweging,” het Groenewald gesê.

 

Kontakbesonderhede: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.