fbpx
Vryheidsfront Plus

Versoek vir oomblik van stilte vir vermoorde Limpopo-egpaar met bespotting en gelag begroet

Slegs die VF Plus het ‘n versoek vir ‘n oomblik van stilte vir die vermoorde Van Zyl-egpaar gedurende ‘n raadsvergadering van die Mogalkwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane / Potgietersrus) gerig en is uitgejou, het Marcelle Maritz, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit en leier van die VF Plus in Limpopo, Dinsdag gesê.

Maritz het die versoek gedurende ‘n gewone vergadering van die munisipale raad gerig na ‘n oomblik van stilte vir dr. Thla Thla toegestaan is.

“Piet en Tilla van Zyl, ‘n bekende renosterboer en sy vrou en bekendes in die gemeenskap is op 20 Augustus op hul plaas in die Immerpan-distrik vermoor.

“Die reaksie van die ander politieke partye het my tot in my diepste wese geskok. Die EFF-raadslede het my uitgejou en van die ander raadslede het selfs gelag. Daar is so ‘n groot bohaai opgeskop omdat ek vir ‘n oomblik van stilte vir slagoffers van ‘n grusame moord gevra het, dat ek die menslikheid van sommige van die raadslede betwyfel,” het Maritz gesê.

“Geen ander party het my versoek ondersteun nie.

“Die VF Plus veroordeel grusame aanvalle op ons land se boere en hul werkers ten sterkste.

“Ons veroordeel ook ander politieke partye se argelose houding jeens hierdie geweldige probleem wat elke landsburger hetsy direk of indirek raak.

“Ons is veronderstel om ‘n voorbeeld stel, daarom is die optrede deur die Mogalkwena-raadslede skokkend en uiters kommerwekkend, het Maritz gesê.

 

Kontaknommer: 078 617 8682

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.