fbpx
Vryheidsfront Plus

Mogale City (Krugersdorp) skuld Eskom R167 miljoen, maar skenk R1 miljoen aan distriksmunisipaliteit

Die nuwe ANC-stadsraad van Mogale City steur hom min sy aan finansiële verpligtinge en nog minder aan die inwoners van die dorp, sê Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid in Mogale City.

“Te midde van die dorp se hoë skuldlas aan Eskom (Mogale City skuld Eskom R167 miljoen) het die burgemeester onlangs tydens sy raadsoorname sowat 100 mense aangestel. Die nuut aangestelde senior personeel in sy kantoor se salarispakkette is byna R1 miljoen elk. Die VF Plus is bekommerd oor waar die raad soveel addisionele geld vandaan gaan kry in die lig dat Eskom nie die enigste diensverskaffer is wat betaal moet word nie.

“Dit gebeur in ‘n milieu waar die departement van gemeenskapsveiligheid nie volledig toegerus is nie. Baie van dié departement se motors is stukkend en oud wat veroorsaak dat daar te min voertuie vir die betrokke wetstoepassing beamptes is.

“Nog ‘n werklikheid is dat spoedbeheer nie volledig in Mogale City toegepas kan word nie omdat daar geen werkbare toerusting is nie. Wetteloosheid kan toeneem en die dorp kan in wetteloosheid verval as die stadsraad nie daadwerklike planne beraam om die situasie te red nie,” sê rdl. Steenkamp.

Hy het ook verwys na die vele motorbotsings wat die afgelope maand op die R24-hoofweg en Robert Broomrylaan plaasgevind het.

“Baie van die ongelukke word deur spoed veroorsaak of as gevolg van bestuurders wat onder die invloed van alkohol verkeer. Baie onskuldige lewens word in die proses verwoes.

“Die Mogale City-stadsraad het ‘n verantwoordelikheid teenoor die inwoners – nie net om die dorp na behore te bestuur nie maar ook om hul veiligheid te beskerm.

“Die VF Plus gaan nie toelaat dat die burgemeester en sy kaders maak en breek soos wat hulle goeddink nie. Hulle sal tot verantwoording geroep word,” het Steenkamp gesê.

 

Kontaknommer: 082 806 7891

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.