Die ANC-regeerde Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit (Bethlehem, Fouriesburg, Paul Roux, Clarens en Rosendal) kon vir etlike jare nie daarin slaag om sleutelbestuursposte te vul nie.
Vier direkteursposte, asook die munisipale bestuurderspos is steeds vakant. Die pos van die hoof finansiële beampte is sedert Desember 2020 vakant met amptenary wat herhaaldelik op ʼn waarnemende grondslag in die poste aangestel word.
Hierdie poste sluit in die direkteur van tegniese dienste en infrastruktuur, gemeenskapsdiens, korporatiewe dienste, plaaslike ekonomiese ontwikkeling en die hoof finansiële beampte wat tans waarnemend gevul is.
So lank as wat die munisipaliteit sloer om permanente aanstellings in hierdie sleutelposte te maak, sal die gebrek aan kontinuïteit en bestendige bestuur in hierdie departemente aanhou lei tot swak dienslewering.
Dihlabeng het stabiliteit in die munisipale bestuur nodig. Begrotings vir die afgelope twee finansiële jare, wat deur drie verskillende waarnemende munisipale bestuurders afgeteken is, moet nou deur ʼn nuwe aangestelde munisipale bestuurder uitgevoer word.
Die ANC se beheptheid met regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) maak die poel van geskikte kandidate al kleiner.
Inwoners van Dihlabeng verdien ʼn werkende munisipaliteit.