fbpx
Vryheidsfront Plus

Slagting van kinders op Kaapse Vlakte duur voort

Nog ‘n kind is die naweek dood in ‘n bendeverwante skietvoorval in die Wes-Kaap. Dit bring die aantal kinders wat gewelddadig op die Kaapse Vlakte en elders dood is hierdie jaar op ‘n skokkende 57 te staan en moet nou gestop word, sê Jaco Prins, organiseerder van die VF Plus in die Wes-Kaap.

Prins sê die VF Plus verwelkom daarom die onlangse aankondiging van die adjunkminister van polisie dat ‘n strategie ontwikkel is om bendegeweld op veral die Kaapse Vlakte hok te slaan, maar sal wil sien dat dié strategie, anders as vorige kere, daadwerklike resultate gaan oplewer.

In die jongste voorvalle is Ezra Daniels en Aqeel Davids die afgelope twee naweke by hul huise doodgeskiet in bendegevegte.

Prins sê dit is van kritieke belang dat misdaad en veral bendegeweld die nek ingeslaan moet word aangesien dit ‘n uiters negatiewe effek op die totale gemeenskap het. Veral die mees kwesbare deel van die gemeenskap, die kinders, ly swaar onder die geweld

Volgens die Trauma Centre for Survivors of Violence and Torture in Woodstock, Kaapstad, het 56 kinders tot dusver hierdie jaar gewelddadig gesterf in die Wes-Kaap. Die meeste hiervan was op die Kaapse Vlakte en in bendeverwante-voorvalle.

Van die 57 oorledenes is 37 geskiet. Sewe meisies is verkrag voordat hulle vermoor is

Volgens Joan Darries van die Wes-Kaapse Gemeenskapskas is die moorde uiters traumaties vir die totale gemeenskap en speel dit ‘n negatiewe rol in die ontwikkeling van kinders.

Hier is die name van die 57 slagoffers bevestig deur mediaberigte, die SAPD en familie. Verkry vanaf die Wes-Kaapse Gemeenskapskas & Trauma Centre for Survivors of Violence and Torture:

 

 

           Naam                  Area              Ouderdom     Maand         Vorm van Moord

 

 

 

Kontaknommers: 074 934 3664 / 021-4038768

jacoprins@vfplus.org.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.