fbpx
Vryheidsfront Plus

Skrap van die Wetsontwerp op die Padongelukke-voordeelskema (POVS) is ‘n oorwinning teen ANC-onsinnigheid

Die VF Plus is verheug daaroor dat die Padongelukke-voordeelskema (POVS)-wetsontwerp wat die Padongelukkefonds (POF)-skema moes vervang, uiteindelik geskrap is.

Die POVS-wetsontwerp het ‘n skrikwekkende vergoedings-regime in die vooruitsig gestel wat die regte van motorongeluk-eisers ernstig sou benadeel. Die VF Plus het oor ‘n paar jaar ‘n lang pad saam met ‘n bedryfsliggaam en ander opposisiepartye gestap om die wetsontwerp te keer. Dit is daarom verblydend dat rasionaliteit uiteindelik geseëvier het.

Hef aan lê nou voor om die bestaande POF-stelsel skoon te maak van korrupsie, bedrog en oneffektiewe funksionering wat die eintlike kern van die probleme in die stelsel is.

Die VF Plus se kommer oor die POVS-wetsontwerp was talryk, maar die ernstigste kwessies was dat eisers se regte en voordele aansienlik verminder word deurdat regsverteenwoordiging nie toegelaat sou word om eise te help besleg nie.

Trouens, in ‘n stadium was die idee dat die fonds self die eise moet verwerk, bereg wat die meriete en uitbetaling moet wees en die implementering daarvan bestuur wat alle perke van billikheid, deursigtigheid en natuurlike geregtigheid sou oorskry.

Daarbenewens was daar die gedagte dat die staat die rehabilitasieproses namens elke eiser sou bestuur. Gegewe die staat se onvermoë om basiese dienste te lewer en die wanbestuur van bykans elke staatsdepartement en entiteit, veral ten aansien van openbare mediese dienste, sou eisers blootgestel gewees het aan ‘n gebrekkige proses van mediese behandeling en rehabilitasie.

Daarby is onbillike afsnypunte daargestel wat alle voordele opskort sodra die eis 15 jaar oud is ongeag of die eiser ten volle gerehabiliteer is.

Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus en voorheen LP belas met vervoer, het oor ‘n lang tydperk saam met ander opposisiepartye ‘n front gevorm om die POVS-wetsontwerp in die parlement ten alle koste te opponeer en het baie tyd deurgebring met ‘n bedryfsliggaam om ‘n strategie uit te werk in dié verband.

Met die aanbreek van die nuwe parlementêre termyn na die 2019-verkiesing, het die VF Plus se Piet Mey as nuwe LP oor vervoer die werk voortgesit met die gevolg dat die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer gister besluit het om die POVS-wetsontwerp finaal te skrap.

Hierdie sage wys weereens hoe die ANC irrasionele en swak wetgewing op Suid-Afrikaners probeer afdwing, maar wys ook aan die positiewe kant dat burgerlike liggame en opposisiepartye van uiteenlopende ideologiese posisies wel kan saamwerk tot voordeel van alle Suid-Afrikaners.

Navrae: 072 428 6103

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.