fbpx
Vryheidsfront Plus

Skok-goedkeuring van skaliegas-ontginning in Karoo is die eerste salvo van Zuma se “radikale ekonomiese staatskaping”

Die eerste salvo van pres. Jacob Zuma se radikale ekonomiese staatskaping is verlede week net voor die kabinetskommeling afgevuur deur skaliegas-ontginning goed te keur, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie.

Adv. Alberts sê die VF Plus was nog altyd teen die ontginning van skaliegas deur hidrobreking gekant en het die potensiële gevaar daaraan verbonde gelyk gestel aan die ontploffing van ‘n atoombom indien die ondergrondse waterare besoedel sou word.

Hy sê daar bestaan al hoe meer bewyse dat dié tipe ontginning baie skadelik is vir die omgewing en biodiversiteit en mense baie siek maak.

“Daar bestaan talle studies wat dit bevestig. In 2014 het die Colorado School of Public Health bevind dat die ontginning groot gevare inhou vir verwagtende vrouens en hulle ongebore babas. Lees artikel by die volgende skakel: http://www.industrytap.com/new-study-finds-fracking-pollution-causes-birth-defects/18215?utm_source=EngNet&utm_campaign=403b490efd-Industry_Tap_%E2%80%A6

“Eskom het tans ‘n surplus krag en hierdie tipe ontginning vir nuwe energiebronne is nie nodig nie. Suid-Afrika moet eerder fokus op hernubare energiebronne, sê adv. Alberts.

 

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.