fbpx
Vryheidsfront Plus

Setsoto (Senekal, Clocolan, Marquard, Ficksburg) betaal amper helfte van begroting aan salarisse

Terwyl inwoners van Setsoto gemiddeld 10% meer vir water, sanitasie, eiendomsbelasting, riooldienste en vullisverwydering, asook ‘n bykomende 11% meer vir elektrisiteit gaan betaal, sal amper helfte van die munisipale begroting aan salarisse bestee word.

Dit is volgens die Setsoto-begroting vir 2018/2019, wat vandag aan die munisipale raad voorgelê en goedgekeur is.

Die VF Plus het die begroting nie gesteun nie aangesien dit nie, soos die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) vereis, realisties is nie. Daar was ook nie voldoende openbare deelname oor die gewysigde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP) nie. Senekal is nie by die openbare deelnameproses betrek nie.

Getrou aan ANC-geleide munisipaliteite in die Vrystaat, sukkel Setsoto verder om skuld vir dienstegelde in te vorder. Die rente op uitstaande debiteure beloop tans R28 miljoen. Die finansiële posisie van die munisipaliteit is dus misleidend hoër as die werklikheid.

Ingevolge die MFMA moet ‘n begroting se geprojekteerde inkomste realisties wees. Hierdie begroting neem egter nie vorige jare se swak invordering van skuld in ag nie. Die VF Plus ag dus die begroting wat goedgekeur is as minagtend teenoor die bepalings van die MFMA en dus onwettig.

Die ANC hou aan om riglyne oor salarisrekeninge te minag terwyl betalende inwoners opdok vir amptenare wat nie dienste in die munisipaliteit lewer nie.

 

Kontaknommer: 083 631 5009

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.