fbpx
Vryheidsfront Plus

SEB-kommissaris kyk na SAL-opdrag aan Bidvest om 30% van een van sy filiale aan ‘n swart maatskappy oor te dra

Die versoek van die SAL aan Bidvest om 30% van sy filiaal wat vliegtuigtoilette skoonmaak oor te dra aan ‘n swartbemagtigingsvennoot van die SAL se keuse, is na die SEB-kommissaris verwys vir oorweging, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

Die versoek van die SAL enkele maande gelede het die wenkbroue laat lig en adv. Alberts het ‘n versoek gerig tot dr. Rob Davies, minister van handel nywerheid om dit te laat ondersoek. Dr. Davies het nou bevestig dat die saak na die SEB-kommissaris verwys is.

Volgens adv. Alberts is die versoek van SAL “uiters verdag” en boonop ‘n verbreking van die Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)-Wet en –Kodes.

Bidvest het in reaksie op die versoek gesê dat sy filiaal BidAir Services reeds swart eienaarskap van 63,42% het en dat swart vroue ’n belang van 24,85% in die onderneming besit. Dit oorskry die voorgeskrewe SEB-bepalings verreweg.

Die bepalings is onder meer dat ondernemings met ’n omset van tussen R10 – en R50 miljoen ten minste 25% swart aandeelhouding moet hê.

Adv. Alberts sê die opdrag van SAL kom daarop neer dat Bidvest feitlik sy totale filiaal aan swart eienaars moet oordra.

“Dit wil voorkom of Yakhe Kwinana, die nie-uitvoerende direkteur van SAL, ‘n mes teen Bidvest se keel hou aangesien Bidvest se toekomstige deelname aan SAL-tenders in die gedrang kan kom indien hy sou weier.

“Kwinana moet sê wie die swart bemagtigingsmaatskappy is, en wat sy bande met die maatskappy is,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.