fbpx
Vryheidsfront Plus

Samesmelting van munisipaliteite is politiek-gedrewe om ANC-ondersteuning te versterk en nie om dienslewering te bevorder

(Debat in NRP: Plaaslike regeringsweek)

Die nasionale raad van provinsies (NRP) se weeklange fokus op plaaslike regering het op skokkende wyse getoon dat baie munisipaliteite noodgedwonge met hul bure moes saamsmelt net om stabiele munisipaliteite in 'n finansieel-verslegtende maalkolk in te sleep.

Al die sprekers het gedurende die week erken dat die samesmelting, wat die aantal munisipaliteite van 843 tot 257 verminder het, 'n groot fout was wat meer probleme vir plaaslike regering geskep het as wat dit voordele bied. Die bedoeling van die samesmelting was duidelik politieke konsolidasie gedryf deur die ANC en nie doeltreffender plaaslike regering nie.

Die VF Plus het opgemerk dat die week se verrigtinge afgespeel het soos ‘n misdadiger wat skielik traumabehandeling aan sy of haar slagoffers bied.

Die ANC het die afgelope paar maande ook die ontbinding van plaaslike rade en die gebruik van Artikel 139 van die Grondwet gebruik om munisipaliteite onder administrasie te plaas, ondanks duidelike bewyse dat dit nie effektief was nie. Artikel 139 van die Grondwet is in die meeste gevalle gebruik om politieke binnegevegte te besleg.

Selfs die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het erken dat die Artikel 139-ingrypings 'n mislukking was. Die administrateurs is soos ridders in blink wapenrusting ontplooi, maar het gebroke en bankrot munisipaliteite agtergelaat.

Raadslede wat teen korrupte burgemeesters, speakers en amptenare wil optree, is gedreig en verhinder om hul plig in die belang van hul munisipale rade en kiesers uit te voer.

Selfs parlementslede en lede van die NRP word deur die ANC se provinsiale LUR’e verhinder om toesig te uit te oefen.

Die kultuur van korrupsie het vir sommige 'n lewenswyse geword. Dit is duidelik dat die veiligste plek vir 'n hiëna in sy skuilplek of pak is. Hulle het egter die gewoonte om hul eie ook aan te val. Die vraag is – wie sal volgende wees?

Die meeste lede van die NRP sal saamstem dat die sessie van die week getipeer kan word as 'n byeenkoms vir alkoholiste anoniem, waar spreker na spreker die probleme en wanfunksionaliteit van die plaaslike regering erken het.

Politieke inmenging is geïdentifiseer as een van die ernstigste struikelblokke vir effektiewe dienslewering. Daar is openlik erken dat dit moeilik, indien nie onmoontlik is nie, om munisipaliteite effektief te bestuur.

Volgens Businesstech staar ‘n geweldige ekonomiese ineenstorting Suid-Afrika teen 2030 in die gesig, tensy hy sy ekonomiese model verander en ‘n groei-gedrewe beleid implementeer. Voorts is die ANC se verwerping van ‘n werkintensiewe groeibeleid sedert 1994 vervang deur buitensporige salarisverhogings en die skep van ‘n welsynstaat.

Navrae: 079 885 1135

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.