fbpx
Vryheidsfront Plus

Saad vir Covid-19-korrupsie in Gautengse departement van gesondheid jare gelede gesaai

(Debat in Gauteng-wetgewer oor gesondheidsdepartement se 2019/20-jaarverslag)

Die VF Plus het die Gautengse ANC-regering tydens die debat oor die jaarverslag van die departement van gesondheid vir die 2019/2020-finansiële jaar, daarvan beskuldig dat die saad vir die omvangryke Covid-19-korrupsie wat verlede jaar plaasgevind het, reeds in die voorafgaande twee jaar gesaai is.

Die Covid-19-korrupsie is 'n uitvloeisel van die vorige jare se gebrekkige oorsig oor tenders en aankope.

Die ouditeur-generaal (OG) het die departement bewus gemaak van die tender- en aankope-prosedures wat in die 2018/2019- en 2019/2020-finansiële jare nie nagekom is nie.

Dit blyk volgens die wetgewerkomitee se verslag oor gesondheid dat die oorsig oor tenders en aankope eintlik in 2019/2020 agteruit gegaan het. Hierdie tendens maak dit duidelik waarom die geleentheid vir grootskaalse bedrog tydens die Covid-19-tenderproses ontstaan het.

Die VF Plus vind dit skrikwekkend dat, nieteenstaande die waarskuwings van die OG, die departement geen stappe geneem het om oorsig en beheer te versterk nie.

Die departement vervul ‘n belangrike rol in die beskerming van inwoners se gesondheid en hul menseregte en daarom is dit skreiend dat die grootste Covid-19-korrupsie juis in dié departement ontstaan het.

Ongelukkig kan ‘n mens nie beter van die ANC kon verwag nie. Daarom is dit van kardinale belang om die ANC van sy mag te stroop in die verkiesings wat voorlê.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.