fbpx
Vryheidsfront Plus

SA regering moet Suid-Afrikaners in Oekraïne help om terug te keer

Talle Suid-Afrikaners is tans vasgekeer in Oekraïne, onder andere studente wat die Suid-Afrikaanse regering na dié land gestuur het om medies te gaan studeer en daar rus ‘n plig op die Suid-Afrikaanse regering om dié persone by te staan.

Alle Suid-Afrikaners in dié oorloggeteisterde land moet so gou moontlik gehelp word om Oekraïne te verlaat en terug te keer na Suid-Afrika.

Daar is tans talle bewerings oor die benarde situasie van die studente soos dat van hulle gestrand sit sonder kos en ander noodsaaklike lewensmiddele.

Dit is nog altyd die standpunt van die VF Plus dat oorlog en geweld nie ’n oplossing is vir probleme nie.

Die party doen daarom ’n beroep op die betrokke partye en die internasionale gemeenskap om alles in hul vermoë te doen om ’n vreedsame oplossing te kry vir die konflik in Oekraïne.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.