fbpx
Vryheidsfront Plus

Rooftog by Badplaas-polisiekantoor wys minagting vir die polisie

Die waaghalsige rooftog by die Badplaas-polisiekantoor in Mpumalanga oor die naweek wys ‘n totale minagting teenoor die polisie.

Drie gewapende mans het die polisiekantoor Saterdag kort na middernag aangeval, polisielede aangehou en ‘n R5-aanvalsgeweer, polisiepistole en kontant gesteel.

Die VF Plus veroordeel hierdie voorval ten sterkste. Dit is ‘n goeie toonbeeld van die vlakke van wetteloosheid in Suid-Afrika asook die minagting wat misdadigers vir die polisie het.

Hierdie minagting is die produk van swak vervolging en ontoereikende strawwe en die VF Plus sal altyd vra dat misdadigers wie se voorneme dit is om te roof en te moor, die swaarste strawwe moontlik opgelê word.

Outomatiese aanvalsgewere is die wapen wat verreweg die meeste gebruik word in transito-rooftogte en meermale in plaasaanvalle waarteen gewone burgerlikes totaal magteloos staan. Hierdie soort wapens mag nie in die hande van misdadigers beland nie.

‘n Voorval soos hierdie laat vrae ontstaan oor die polisie se weerbaarheid en die gebrek aan mannekrag in polisiekantore.

Terwyl dit al hoe moeiliker raak vir gewone burgers om hulself wettig te bewapen, is dit onaanvaarbaar dat misdadigers polisiekantore kan aanval om outomatiese vuurwapens te bekom.

Daar kan nie van ‘n ongewapende publiek verwag word om homself te beskerm teen hierdie soort misdadigers indien polisielede dit nie eens kan doen nie.

Navrae: 084 652 9164 / 076 687 2830

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.