fbpx
Vryheidsfront Plus

Rioolprobleem in Fochville opgelos nadat VF Plus ingryp

‘n Vergadering wat die VF Plus vandeesweek met die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) se waarnemende munisipale bestuurder, Lerato Peu, gehad het oor die rioolprobleem in Zuideindestraat, Fochville, het vrugte afgewerp.

Peu het onderneem om die probleem spoedig op te los en daar is vandag begin met die nodige herstelwerk.

Riool het vier weke gelede uit ‘n gebreekte rioolpyp op die hoek van Zuideinde- en Kortestraat in Fochville deur woonerwe en ‘n nabygeleë vleiland begin vloei. Huiseienaars het die probleem telkemale sonder sukses aangemeld en het die VF Plus genader om hulp.

Die VF Plus gaan Peu ook nader oor riool wat al vir meer as ‘n jaar in die Enslinspruit vloei en vandaar weggevoer word na die Mooirivier.

Die grootskaalse besoedeling van die omgewing en water is onaanvaarbaar en hou ‘n ernstige gesondheidsgevaar in vir mens en dier.

Die VF Plus sal onverpoos voortgaan om die belange en regte van Merafong se inwoners eerste te stel.

Navrae: 082 671 2302

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.